Demensie-presidensie

MAANDAG MET MAX

Demensie-presidensie

MAX DU PREEZ bepeins oudword ná die debakel van die eerste – en dalk enigste – televisie-debat in vanjaar se Amerikaanse presidensiële verkiesing.

7 goed wat jy vandag wil weet

1. Die leier van die DA, John Steenhuisen, is die nuwe minister van landbou, die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, is minister van sport, kuns en kultuur (nee, nie korrektiewe dienste nie), die leier van die IVP, Velenkosini Hlabisa, is minister van samewerkende regering en tradisionele sake en die leier van die VF+, Pieter Groenewald, is die minister van korrektiewe dienste, het pres. Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig. Paul Mashatile bly vise-president. Ander DA ministers is Leon Schreiber (binnelandse sake), Dion George (bosbou, visserye en omgewing), Siviwe Gwarube (basiese onderwys), Dean McPherson (openbare werke en infrastruktuur) en Solly Malatsi (kommunikasie).

Gwede Mantashe behou minerale sake, Good se Patricia de Lille behou toerisme, Enoch Godongwana behou finansies, Kgosientsho Ramokgopa behou elektrisiteit en kry energie by, Ronald Lamola kry buitelandse sake, Senzo Mchunu kry polisie, en Angie Motshekga kry verdediging (met UDM-leier Bantu Holomisa as adjunk). Thembi Nkadimeng is minister van justisie en Aaron Motsoaledi is terug in sy ou pos van gesondheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.