Die vertroosting van paai

KOS EN KOSMOS

Die vertroosting van paai

Van vleispasteitjies morsig oor ’n taai stuurwiel afgesluk tot die platinum-opsie van spinasiepaai, FREDERIK DE JAGER wys hoe pasteie tot groot hoogtes gevoer kan word.

AS jy wil weet hoe lyk jou eie kleinburgerlikheid, rig jy net die verkyker op jouself ’n goeie paar dekades die verlede in. Daar ry die De Jagers op ’n Saterdag in die Fordjie af Kaap toe. Ons gaan naamlik inkopies doen.

Eers gaan ons Stuttafords toe waar alles te duur is, maar ons ons vergaap aan hoe mooi dit lyk. Dan oor Adderleystraat na die OK. Dís meer ons valley. Almal versprei om krismispresente te soek. My begroting is een rand. Op en af met die bronsbeslaande roltrappe wat soos ou Boeing 747’s sidder en beur, maar betroubaar vastrap en styg met hul vragte mense.

Die rendezvous is streng om eenuur by die kafeteria op die derde verdieping. Daar onthul sigself die eintlike rede vir die hele trippie: hulle vleispaai en sous. O die heerlike o die salige. Kan ’n kind van die Strand so gelukkig wees?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.