Indiese buffels was bloudruk vir Vrystaatse suiwelprojek, hoor Zondo

KONTANTKOEIE

Indiese buffels was bloudruk vir Vrystaatse suiwelprojek, hoor Zondo

Die Zondo-kommissie na staatskaping het die afgelope week onder meer getuienis aangehoor van 'n “feitesending” na Indië om daar te gaan kers opsteek oor hoe die suiwelbedryf in die Vrystaat ontwikkel kon word, berig ERIN BATES.

PETER Thabethe, hoof van die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling toe die Estina-suiwelprojek by Vrede van stapel gestuur is, het die afgelope week voor die kommissie getuig.

Sy ondervraging is gelei deur adv. Leah Gcabashe SC. Sy het aanvanklik Thabethe se kennis getoets van die wetgewing waaraan hy as hoof van die departement van landbou onderworpe was, onder meer dele van die Grondwet, die Wet op Openbare Finansies, voorskrifte van die nasionale tesourie, en beleid oor plaaslike regering.

Hierna het Gcabashe hom uitgevra oor die Mohuma Mobung-strategie waarna Ace Magashule, destydse premier van die Vrystaat, in Februarie 2012 in sy provinsiale rede verwys het. Estina is skynbaar die enigste noemenswaardige projek wat onder die vaandel van dié strategie die lig gesien het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.