Ons cookie-beleid

Hoe ons Vrye Weekblad se webblad vir jou laat werk

Welkom by ons cookie-beleid. Hierdie beleid is geïmplementeer tesame met ons privaatheidsbeleid. Die doelwit is om te verduidelik wat cookies is, waarvoor ons hulle gebruik, en hoe jy hulle kan benader tydens jou besoek aan ons webblad.

Wat is cookies?

Ons webblad plaas piepklein, skadelose lêers op jou rekenaar, foon of tablet wanneer jy dit besoek. Hierdie lêers besit geen van jou persoonlike inligting nie, maar wel 'n identifiserende kode wat ons toelaat om jou persoonlike inligting te assosieer met 'n spesifieke rekenaar, foon of tablet. Baie webblaaie gebruik cookies en jy kan hier meer lees daaroor

Waarom gebruik ons cookies?

Hierdie lêers is nuttig op verskeie maniere, insluitend:

  • om jou toegang te gee tot inhoud slegs vir intekenaars;
  • om ons webblad makliker te maak om te gebruik deur jou voorkeure, ligging of tipe rekenaar, foon of tablet te onthou;
  • om ons webblad vinniger of beter te laat werk;
  • om derde partye toe te laat om dienste aan ons webblad te verskaf; en
  • om ons te help om gefokusde advertensies te vertoon in ooreenkoms met die vanpaste wette.

Die cookies wat ons gebruik

Ons gebruik verskillende soorte cookies op ons webblad. Sommige is daar geplaas deur ons, en ander deur derde-party sagteware, verskaffers of adverteerders. Hierdie cookies word soms verwyder van jou rekenaar, foon of tablet op verskillende tye, soos aan die einde van jou besoek (wanneer jy die webblad verlaat) of na 'n vasgestelde periode, of hulle kan op jou toestel bly totdat jy hulle self uitwis.

Hieronder is 'n lys van die belangrikste tipes cookies wat ons gebruik. Hierdie cookies verval outomaties op verskillende tye, afhangend van wanneer hulle laas deur ons webblad gebruik is, of wanneer jy hulle self verwyder:

Naam van cookie: Google Analytics
Tipe: Analise
Funksie: Hou rekord van die aantal lesers wat ons webblad besoek en wat hulle doen tydens 'n besoek

Naam van cookie: Narratiive
Tipe: Analise
Funksie: Hou rekord van die aantal lesers wat ons webblad besoek en wat hulle doen tydens 'n besoek

Naam van cookie: Chartbeat
Tipe: Analise
Funksie: Hou rekord van die aantal lesers wat ons webblad besoek en wat hulle doen tydens 'n besoek

Naam van cookie: Cosmos (vir geregistreerde Vrye Weekblad-lesers)
Tipe: Belangrik vir funksionaliteit
Funksie: Maak seker dat die webblad onthou watter leser ingeteken is, sodat lesers nie tydens elke besoek van voor af hoef aan te meld nie

Naam van cookie: Reklame en bemarking bepaal deur lesersgedrag (verskillende soorte)
Tipe: Advertensies
Funksie: Hierdie cookies laat ons toe om vir jou advertensies te wys gebaseer op jou belangstellings soos blyk uit jou besoeke aan Vrye Weekblad en ander webblaaie. Hulle verwerk inligting oor jou belangstellings en vorige internet-besoeke en vertoon dan aan jou advertensies wat verband hou met daardie inligting.

Naam van cookie: Sosiale media (verskillende soorte)
Tipe: Sosiale media
Funksie: Facebook, Twitter en ander sosiale-media-platforms gebruik cookies om jou gedrag tydens 'n besoek aan ons webblad te bepaal en dan vir jou gefokusde advertensies te wys. Hierdie cookies laat ons ook toe om funksionaliteit soos die deel van artikels na jou sosiale-media-blaaie aan jou te bied.

Die uitwis van cookies

Jou internet browser aanvaar cookies gewoonlik outomaties, maar jy kan dit stel om op te hou daarmee. Jy kan ook self cookies op jou rekenaar, foon of tablet uitvee. Lees hier hoe om dit de doen.

Wanneer jy cookies uitwis of nie meer aanvaar nie, sal jy moontlik nie meer dele van ons webblad kan gebruik wat staatmaak op cookies nie. Die webblad mag ook dalk jou voorkeure vergeet. Sonder cookies sal jy steeds advertensies op ons webblad sien, maar die advertensies sal moontlik minder relevant wees.

Derde-party cookies

Sommige van ons vennote gebruik hulle eie cookies of widgets ('n klein funksionele element) op ons webblad. Ons het nie toegang tot of beheer oor daardie cookies nie. Inligting wat deur daardie cookies of widgets versamel word, is onderdanig aan die privaatheidsbeleid van die maatskappy of verskaffer wat hulle geskep het. Dit word nie deur Vrye Weekblad gemonitor nie.