Rupert Koopman en Florence de Vries
Bewaringsbestuurder en kommunikasiespesialis* Rupert Koopman is die nasionale bewaringsbestuurder van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika. Hy beskou dit as sy lewenswerk om die biodiversiteit van die land se blommeryke te beskerm en terselfdertyd Suid-Afrikaners te help om ons plante te ken, kweek, bewaar en geniet. Hy is betrokke by verskeie vindingryke benaderings tot die viering van die unieke eienskappe van ons plantegroei. Hy en sy vrou, Florence de Vries, en hul vyfjarige dogtertjie is lief vir reis en die natuurskoon. * Florence de Vries is 'n kommunikasiespesialis aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het haar loopbaan begin as finansiële verslaggewer by Media24 en later Independent Newspapers voor sy die korporatiewe kommunikasiewêreld in 2011 betree het. Sy het haar voorgraadse studies in 2003 aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en 'n meestersgraad in die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch in 2008 verwerf. Sy en haar man en hul vyfjarige dogtertjie woon in Kaapstad se noordelike voorstede.
Die Maartblom-pelgrimstog