VIR party mense is Paasnaweek se reën die eerste klinkklare teken dat die somer uiteindelik gegroet het. Vir botaniste en ander plant-liefhebbers is dit die skouspelagtige ontploffing van die Maartblomfamilie (Amaryllidaceae) wat in die Wes- en Noord-Kaap prominent is. Uit dorre aarde en deur gras en ander plante wat nog weens die somerhitte vaalgebak lê, tref dié helder rooi en pienk juwele onmiddellik die oog.
Die groot showstopper is die Nieuwoudtville-streek se tapyte vol pienk Maartblomme (Brunsvigia bosmaniae), ’n wydverspreide bolplant wat hoofsaaklik in die winterreënvalstreek van Suid-Afrika voorkom. Dit is nie die grootste nie (want die lantanter – Brunsvigia josephinae (%20http:/pza.sanbi.org/brunsvigia-josephinae) – troon bo hom uit) of die mooiste (dis immers ’n kwessie van smaak) kandelaarblom nie maar hier teen die koppies van Nieuwoudtville – die wêreld se die bolplant-hoofstad – kraai hulle koning.
Terwyl ek en my gesin ’n tas pak vir ’n naweek weg na die Tankwa-Karoo, sien ek ene Hendrik van Zijl plaas iets op Facebook oor die toweragtige 10mm reën wat Nieuwoudtville vroeg in Maart kom seën het. En só begin my stille planne vir ’n wye draai huis toe. My WhatsApp-boodskappe aan my ou vriend Eugene Marinus, die kurator van die Hantam Nasionale Botaniese Tuin in Nieuwoudtville, lui: “Wat sê jou gut oor Brunsvigia daar by julle?” Hy antwoord: “Cautiously optimistic. As die blomme wél blom, gaan hulle teen 22 Maart op hulle piek wees.” Ek glimlag breed. Eugene, wat amper 20 jaar in die Hantam-Karoo met veldwerk doenig is, se instinkte is nooit verkeerd nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.