Moeilikheid in die Huis van Mandela

VERLATE EN AAN 'T VERVALLE

Moeilikheid in die Huis van Mandela

Onvleiende berigte oor drie plekke wat met Nelson Mandela verbind word, laat HEINDRICH WYNGAARD wonder hoe lank nog voordat Madiba se nalatenskap in die asblik beland.

DIT was die huis waar Nelson Mandela en sy nuwe vrou, Graça Machel, besluit het om hul eie tuiste te skep nadat hulle op sy 80ste verjaardag op 18 Julie 1998 getroud is, wég van die ou Mandela-woning in 'n volgende straat. Die ou huis sou later die hoofkwartier van die Nelson Mandela-stigting word, wat dit steeds is; en Machel is 'n bewese tuisteskepper met goeie smaak. Hulle het haar in haar komvandaan, Mosambiek, aan oudpres. John F. Kennedy van Amerika se vrou, Jackie, gelyk gestel.

Nie net omdat sý haar eerste man, oudpres. Samora Machel, aan die dood afgestaan het gedurende sy presidentstermyn, soos Jackie vir JFK, nie. Ook omdat sy, soos Jackie, nog altyd “klas en grasie” uitgestraal het – en dít is wat Madiba na haar aangetrek het. Selfs voordat hulle getroud is, skryf hy in 'n persoonlike lêer, hier aangehaal uit Conversations with Myself: “I cannot describe my joy and happiness to receive the love and warmth of such a humble but gracious and brilliant lady.”

Jy kon dié liefde en warmte en klas en grasie en nederigheid en briljantheid sien in die ondersteunende en omgee-wyse waarop sy – nadat hulle getroud is – aan Madiba se sy gestap het. En ook in die manier waarop sy die Mandela-Machel-huis in 12de Laan, Houghton in Johannesburg ingerig het: Dit sou ’n statige, ’n baie mooi plek wees, onthou iemand. Teen die eetkamermuur, word ek deur dié iemand vertel, het ’n kunstenaar ’n treffende Qunu-landskap geverf sodat Madiba hier ver weg van sy geboorte-gehuggie steeds oor die groen heuwels van die Transkei kon uittuur en die hoenders sien skrop en die skape en die bokke hoor blêr en ou mense sleepvoet straat op en af sien stap, daar waar hy sy kinderdae deurgebring het en bokwagter was en van waar hy die lewe van ’n hoofman sou ontsnap toe sy oom hom vroeg-vroeg wou laat trou sodat hy sy droom om ’n prokureur te word in Johannesburg kon gaan najaag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.