’n Brief aan Avery

v.C: VOOR COVID

’n Brief aan Avery

Haar naam is Avery, 'n naam wat spreek van wysheid; haar tweede naam, Joy, word in Afrikaans as vreugde vertaal. Haar aankoms het met die begin van die lente saamgeval. Hierdie brief is vir haar. Dit is 'n brief oor die gemaskerde jaar waarin sy haar eerste lewenslig aanskou het, skryf HEINDRICH WYNGAARD.

OOR twee dae sal die volle impak van die gemaskerde jaar 2020 ons behoorlik tref. Dit is wanneer ons land se meerderheid Christelike families vir die Kersmaal byeen sal kom, ongeag of die ete in die vorm van 'n braai of 'n tafel swaar gelaai met lamsboud en gammon en tong en slaaie galore sal geskied. Dit is die kultuur waarin jy gebore is, kindjie.

Elke jaar vantevore sou 'n mens die toneel toe-oë kon beskryf: Gesinne sal bid en aansit, jy as die nuwe aankomeling op jou ma of iemand anders se skoot. Die plek van samekoms, die woning van ouers en grootouers, dalk 'n gewilde restaurant. Opgetof en uitgedos met nuwe klere of ou gunstelinguitrustings. Opgewonde oor die uitruil van geskenke – uitspattig of beskeie. Die gekuier sal heeldag duur, of ná ete word daar uitgewyk na ander familie, ander bestemmings, ander stories. Staaltjies oor (en herinneringe van) vorige jare se samesyn word opgeroep. Grappe word deur die grootmense oorvertel, word oor gelag asof dit die eerste keer gehoor word, laat die trane rol. Die kinders sal buite op die gras of in die vaal agterplaas speel.

Hierdie jaar sal daar egter vir talle families, meer as ooit tevore, 'n ervaring van groot gemis wees wanneer ons rondom ons kyk en soos die geliefde begrafnislied “Daar’s bemindes in die hemel” besef – hulle is weggeruk deur 'n virus wat in 'n pandemie ontaard het, wat lewens kortgeknip het, wat wyd vrees ingeboesem het, wat ook 'n masker oor Kersfees se gesig getrek het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.