1. Entstowwe teen Covid-19: Minder as ’n jaar nadat Sars-CoV-2 as ’n nuwe coronavirus geïdentifiseer is, is Pfizer en BioNTech se entstof deur die gesaghebbende Amerikaanse Food and Drug Administration (FDA) goedgekeur en aan die eerste ontvangers toegedien. Boonop is daar minstens drie afsonderlike entstowwe wat potensiaal het vir wye gebruik, asook sowat 200 ander wat moontlik doeltreffend is, maar nie noodwendig om FDA-goedkeuring sal aansoek doen of dit sal kry nie.
So primitief soos ons basiese voorkomende maatreëls teen die nuwe virus is – maskers, hande was en afstand – so gesofistikeerd is die tegnologie agter die ontwikkeling van ’n moderne entstof, wat in die Pfizer-BioNTech-produk se geval ’n doeltreffendheid van sowat 95% het. Ander suksesvolle entstowwe, soos dié teen pokke, tifus, geelkoors, griep, polio, masels, Duitse masels, pampoentjies, waterpokkies en Hepatitis B, het in sommige gevalle dekades geneem om ontwikkel en verfyn te word.
Soos dr. Stephen Griffin van Leeds-universiteit dit oor die Covid-entstowwe aan The Guardian gestel het: “Dié verstommende vordering in die ontwikkeling van ’n entstof tot by die punt waar dit aan mense toegedien kan word, stel sekerlik ’n nuwe standaard vir wat bereik kan word as genoegsame hulpbronne en wetenskaplike fokus op globale gesondheid van toepassing gemaak word.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.