Zondo se swaard versus staatskapers se middelvinger

LAASTE HOOFSTUK

Zondo se swaard versus staatskapers se middelvinger

Die uurglas loop leeg vir die kommissie na staatskaping, maar adjunk-hoofregter Raymond Zondo sal beslis nie ’n rustige Desember-vakansie hê nie, skryf YOLANDI GROENEWALD. Hy moet volgende jaar verslag lewer oor die kommissie se werksaamhede, terwyl oudpres. Jacob Zuma se vet middelvinger vir die kommissie oor alles hang.

TOE die omstrede Matshela Koko, destydse waarnemende hoof van Eskom, op 15 Desember die laaste woord van die jaar by die Zondo-kommissie na staatskaping gespreek het, was dit duidelik dat ná 28 maande die einde van die kommissie nog nie in sig is nie.

Selfs die konstant verontwaardigde Koko sal moet terugkom in die nuwe jaar om verder te verantwoord oor al die sondes wat hy volgens ander getuies gepleeg het. Saam met hom wag daar nog ’n ellelange getuielys, onder wie Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC.

Dis nou R700 miljoen later – en die koste styg by die dag verder – en vir baie Suid-Afrikaners wat week ná week geskok luister na stories van knoeiery en plundering het daar nog glad nie genoeg gebeur om dié enorme uitgawe te regverdig nie. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.