’n Prestasie-ooreenkoms vir ‘in die middel, Cyril’

HY MOET SY SOKKIES OPTREK

’n Prestasie-ooreenkoms vir ‘in die middel, Cyril’

Pres. Cyril Ramaphosa se openbaarmaking van kabinetslede se prestasie-ooreenkomste laat HEINDRICH WYNGAARD wonder hoe die president se eie ooreenkoms behoort te lyk.

DIE storie word my vertel dat my ouma Lissie (Elizabeth Helena Wilhelmina Wyngaard) se pleegkind, Rodney, op 'n dag met sy skoolrapport by die huis opgedaag het. Dit was alombekend dat hy nou nie juis die skerpste potlood in die pakkie was nie. In die skoolrapport is dit ook so bevestig toe sy punte vir die kwartaal daarin aangedui word en deur die onderwyser se kommentaar daarnaas: “Rodney moet sy sokkies optrek.”

Sélf nie hooggeleerd nie, kon ouma Lissie die besigheid nie so lekker verstaan nie, want vir wat stuur die onderwyser dan nou vir haar 'n boodskap húis toe om vir Rodney iets te sê wat sommer by die skool gedoen kon geword het? Opsluit vat sy toe die pad skooltjie toe om die onderwyser hieroor te gaan konfronteer, dalk met Rodney agterna. Daar aangekom, wou sy weet: “Hoekom stuur juffrou die kind huis toe met ’n briefie dat ek vir hom moet sê hy moet sy sokkies optrek? Juffrou kan dit mos sommer hier by die skool vir hom gesê het toe juffrou sien sy sokkies het afgesak!”

Mede-Suid-Afrikaners,..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.