Teen die hange van Hoerikwaggo weergalm die stilte oor eeue se ...

EMANSIPASIE

Teen die hange van Hoerikwaggo weergalm die stilte oor eeue se stryd, pyn en lyding

Vandeesweek was dit 186 jaar sedert die slawe aan die Kaapkolonie op 1 Desember 1834 amptelik vrygestel is. HEINDRICH WYNGAARD sê dié dag moet jaarliks behoorlik herdenk word.

SOOS elke ander 1 Desember sedert die presidentstermyn van Thabo Mbeki in 2007 onseremonieel tot 'n einde gekom het, is sy nalatenskap die afgelope week met die herdenking van Wêreldvigsdag op dié datum nogeens deur sy omstrede hantering van die MIV/vigs-kwessie oorskadu.

Dit hoort ook seker so as, wat, meer as 300,000 mense(?), weens Mbeki se beleid aan dié pandemie omgekom het. Afhangende van wie jy glo, natuurlik: in daai omgewing ingevolge navorsing deur die Harvard-universiteit; of veel minder, weens oordrewe infeksie- en sterfgetalle, as jy die ondersoekende joernalistiek van die skrywer Rian Malan gevolg het.

Maar daar is iets anders wat my op 1 Desember aan Mbeki laat dink, en dit is sy pryslied “I am an African”, gelewer met die aanvaarding van ons land se Grondwet in Mei 1996. Hierdie toespraak het hom gevestig as een van die voorste politieke orators in die tradisie van dié wat boeke haal soos The Greatest Speeches of All Times...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.