Die einde is %$&*¿ onbeskof

WOORDE WEK, TROLLE TREK

Die einde is %$&*¿ onbeskof

Wie is die mense wat so fluks op politieke plasings op die sosiale media kommentaar lewer? Is hulle onbeskofter as die deursnee-bevolking, en is aanlyn onbeskoftheid aansteeklik? ANNELIZE VISSER bekyk ’n studie oor wie en hoe aanlyn venyn versprei.

OP ’n Facebook-groep waar koerantjoernaliste saamdrom, blykbaar verkieslik om staaltjies uit die ou dae te deel, beland ’n warm kool in droë gras wanneer iemand die volgende deel:

“Daar is ’n brokkie nuus uit die VSA wat darem net te ironies en lekker is om nie op kommentaar te lewer nie. Donald Trump het naamlik $3 miljoen betaal sodat die stemme in Milwaukee, Wisconsin se grootste distrik, oorgetel kan word. En wat gebeur toe? Joe Biden se meerderheid styg met 132 stemme. Hoe’s daai vir geld in die water gooi?”

Dié plasing kry 132 likes, en 470 kommentare...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X