Maradona: ’n metafoor vir die paradokse van Argentinië

BY NABETRAGTING

Maradona: ’n metafoor vir die paradokse van Argentinië

TONY LEON tref 'n vergelyking tussen die sokkerster Diego Maradona, wat onlangs op 60-jarige ouderdom oorlede is, en sy geboorteland, Argentinië. Die mislukking van Maradona as afrigter in die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 weerspieël die mislukking van Argentinië as 'n land.

  • 04 Desember 2020
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • artikel 13 van 25
  • Tony Leon

IN Mei 2010, 'n tyd lank reeds vergete, het ek op ’n Saterdagaand in Recoleta, Buenos Aires, gaan fliek. Die gehoor by die luukse Cine Village-multipleks het welaf Porteno’s (plaaslike inwoners van die stad) en inwonende diplomate soos ek ingesluit.

Voor die hooffliek is ’n advertensie vir ’n plaaslike versekeringsmaatskappy vertoon. Verrassend genoeg het dit die hele gehoor laat juig, fluit en skree. Nie oor die produk nie, maar toe die onderskrywer daarvan, die sokker-maestro Diego Maradona, op die skerm verskyn. Maradona, wat vandeesweek in dieselfde stad, sy geboorteplek, oorlede is.

Die gaping tussen daardie rolprentteaterkompleks en sy gegoede besoekers en die villa miseria (krotbuurt) waar Maradona in 1960 gebore is, is – wat betref rykdom en ongelykheid – so groot soos die verdeling tussen Sandton en Alexandra...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.