Ralf Schmitt, die dirigent wat Moutse se koor tot in...

NDLOVU-JEUGKOOR

Ralf Schmitt, die dirigent wat Moutse se koor tot in Hollywood gevat het

Toe die Ndlovu-jeugkoor in 2019 die eindronde van America's Got Talent gehaal het, het die hele Suid-Afrika asem opgehou. Ons harte het gebult van die trots vir dié kinders wat ons almal laat snik het van emosie danksy die uitbundige en vreugdevolle musiek wat hulle maak. ANNELIESE BURGESS gesels met die koormaestro wat gehelp het om dié koortjie van 'n piepklein nedersetting in die verre Moutsevallei in Limpopo tot op die wêreldverhoog te bring.

RALF SCHMITT was in die laerskool toe hy op 'n dag hoor hoe Zwai Bala en die Drakensberg-seunskoor “I see a land" opvoer. Net daar het hy verlief geraak op koormusiek. “Ek wil dit ook doen," onthou Schmitt die kragtige uitwerking wat daardie liedjie op hom gehad het.

Hy word uiteindelik vir ses jaar self 'n Drakie, en dit is in die jaar nadat hy matriek by Kearsney College klaargemaak het en hy terug is na die skool in die groen heuwels om vir 'n jaar as studente-dirigent te werk, dat hy opnuut besef al wat hy wil doen, is musiek maak. 

“Ek het nog altyd 'n liefde gehad vir komponering en herskryf, en ek is toe Tuks toe om musiek en nie regte nie te studeer," vertel hy. “En ek hou daarvan om op te tree, om te komponeer en klas te gee, en 'n koor is 'n wonderlike platform om al drie daardie elemente bymekaar te bring."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.