Die geheim vir ’n flinker brein lê by jou boep

VLYMSKERP

Die geheim vir ’n flinker brein lê by jou boep

Die neurowetenskaplike MARK SOLMS is beïndruk met Sanjay Gupta se boek Keep Sharp: How to build a better brain at any age. Maar die bouwerk moet vroeg reeds begin, en dit begin onder meer in die middel – jóú middel.

DOKTER Sanjay Gupta, met sy ongelukkige van, is welbekend aan enige CNN-kyker, want hy is hulle hoof- mediese korrespondent. Hy is ’n opgeleide neurochirurg, en hoewel so ’n kwalifikasie op sigself iemand nie toerus om ’n boek soos dié te skryf oor hoe om jou breingesondheid te verbeter nie (tensy die verbetering wat jy verlang die verwydering van ’n breingewas is), het Gupta se ander werk hom toegerus met ’n veel breër mediese kennis as die gemiddelde neurochirurg.

In hierdie boek span hy ook sy uitgebreide netwerk van persoonlike kontakte in met top- mediese wetenskaplikes van oor die wêreld heen danksy sy joernalistieke werk.

Soos die titel suggereer, is dit ’n selfhelpboek, maar dis ook soveel meer. Vir sommige lesers is dit dalk ’n bietjie té veel meer, want Gupta se doel is nie net om vir ons te sê wat om te doen om die risiko van kognitiewe agteruitgang af te weer wat ons almal so vrees nie, maar ook om te verduidelik hoekom hy die stappe aanbeveel en hoe dit werk. Met ander woorde, hy verskaf ’n ongewoon omvattende oorsig van wat ons vandag weet oor die neurologiese meganismes van kognitiewe agteruitgang...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.