DIE makhulubaas van Suid-Afrikaanse rugby, Jurie Roux, sweer so te sê op die graf van prof. H. Russel Botman dat dié in 2007 aan hom die opdrag gegee het om alles in sy vermoë te doen om Maties Rugby te transformeer.
Dit moes “groter verteenwoordiging van alle Suid-Afrikaanse gemeenskappe” – in ooreenstemming met die Universiteit Stellenbosch se transformasiebeleid – verseker het. Hoe kon hy tog hierdie uitdaging ontwyk? Dis nie asof Maties Rugby met 'n fantastiese prestasierekord op die gebied van transformasie kon spog nie; en Dok Craven se werk was ver van afgehandel.
Hier was Botman nou, die US se eerste bruin visekanselier en rektor, 'n pos wat hy van 2007 af tot met sy dood sewe jaar later beklee het; en hier was Roux, wat vandag die uitvoerende hoof van SA Rugby is en ook 'n vername bestuurslid van Wêreldrugby, tóé tesourier van Maties Rugby (2002 – 2004) en daarna voorsitter van die klub (2005 – 2010)...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.