’n Lewe sonder antie Siv

ONTHOU JY?

’n Lewe sonder antie Siv

Toe Siv skielik aankondig dat sy op Oujaarsdag ouderhys toe gaan, het dit vir almal soos ’n snotklap gekom, skryf ANASTASIA DE VRIES. Twee weke later wonder sy presies waaroor sy huil – dalk omdat iemand nog vir Kleinman moet sê sy is weg?

SIV se aankondiging het soos ’n snotklap gekom. Sy gaan ouetehuis toe. Ouderhys, het onse 22-jarige in ’n ongewoon hoë gilstem gevra. “But why?!”, toe hy onthou hy praat verkieslik Engels. Die res het mekaar net met oë aangekyk. Wie gaan vir die 12-jarige sê sy is weg?

Waar is hy, het sy gevra toe onse familiekinders Kersnamiddag een ná die ander opdaag, bak of bord in die hand vir on-Krismislike kos wat nie op hul ma’s se Kersspyskaart van vyf vleise en slaaie vir ’n weermag sal verskyn nie. Pasta in roomsous met tonne kaas, ryskos met vis en dinge uit die see uit, brandkerrie al sê die son tieng, brosgebraaide eend. Ek sal enigiets kook wat julle begeer, sê ek elke jaar, maar onthou, ek het net vier van alles: vier borde, vier kleinbordjies, vier bakkies ... niks se ondienlike goeters moet my mos besit nie.

Maar ek dwaal af. Want iemand moet nog vir die 12-jarige vertel sy antie Siv is weg. Sy’t gewag vir hom, haar “Kleinman”, wou hom self vertel sy moet ouetehuis toe, het sy gesê. Alles het doods geraak, net een wat “ouderhys” gil. Dit gaan sy hart breek, fluister die 20-jarige, antie Siv is vir hom soos sy ouma en ons antie. “Jinne,” sê my meisiekind. “’It voel dan nou ons het vir antie Siv liewendag verloor.” Ons kan gaan kuier, troos ek. Daar is reëls, onderbreek sy bruusk, vir besoeke, vir besoekers, vir alles, dis Covid daarbuite, onthou, en dis nie asof sy net om die draai gaan wees nie, nee, daar sal twee dorpe tussen ons kom lê, en en ... Ek ken haar. Sy praat altyd soos ’n lap wat skeur as sy eintlik wil huil...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.