Eskom-baas ken geen skaamte

ZONDO EN DIE KAPINGSONDES

Eskom-baas ken geen skaamte

Matšhela Koko se derde verskyning voor die Zondo-kommissie was weer 'n geval van ontkenning, slagofferskap en gewaande woede, skryf YOLANDI GROENEWALD. Die hoop beskaam dat hy gaan bieg.

IN die middel van Eskom se staatskapingstorm maal daar deurentyd drie skandbevlekte name: Brian Molefe, Anoj Singh en Matšhela Koko. Maar al het Koko reeds drie keer sy verskyning voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gemaak, bly sy antwoorde min en probeer hy deurgaans maak asof hy bloot 'n verontwaardigde slagoffer is wat maar net die beste vir Eskom wou hê en deur ander korruptes uitgewerk is.

Hierdie week het hy homself weer probeer kwytskeld van sondes.

Die man in die kollig: Die voormalige waarnemende Eskom-baas Koko staan vierkant in die middel van Eskom se kaping. Maar sonder om te blik of te bloos hou hy vol dat hy absoluut niks verkeerd gedoen het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.