Cyril Ramaphosa is op ’n koue, eensame plek

SUIWERINGS KAN LAND SE BEELD KNOU

Cyril Ramaphosa is op ’n koue, eensame plek

Honderdduisende Suid-Afrikaners wil waarskynlik graag sien dat die skobbejakke in ons regering in die pad gesteek word – dadelik. Maar dis makliker gesê as gedaan. ISMAIL LAGARDIEN bespreek dié kwessie vanuit sy perspektief.

EK het lank en diep nagedink voordat ek hierdie artikel geskryf het, hoofsaaklik omdat ek nie soos ’n geskiedskrywer van heiliges wil klink of enige vertrouensbreuk wil pleeg nie. Ek wil ook nie kruiperig oor Cyril Ramaphosa klink nie.

Laat my toe om net eers ’n paar pertinente dinge te sê. Ek is nie ’n lid van enige politieke party nie. Ek het nie gestem nie, maar ek dink steeds hy is die beste man vir die pos. Ek wil nietemin twee dinge bespreek wat albei tot sy nadeel kan wees. Die eerste is sy leierskapstyl, en die tweede die naelstringband met die ANC.

Ek is seker dis nie eintlik oordrewe as ek sê daar is honderdduisende mense wat graag wil sien dat baie politici en senior staatsamptenare tronk toe gaan of summier afgedank word vir misdaad, verduistering, nepotisme, ’n algemene gebrek aan etiek en professionaliteit, onbevoegdheid en korrupsie in die algemeen nie. Dieselfde kan waarskynlik van die privaat sektor gesê word, maar persone in dié sektor word merendeels nie deur die publiek verkies nie en is nie verantwoordelik om openbare goedere en dienste te lewer nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.