HIERDIE artikel het homself reeds 70 jaar gelede begin skryf, in 1950, toe die Bevolkingsregistrasiewet, een van die hoekstene van “afsonderlike ontwikkeling”, deur die destydse Nasionale Party-regering ingestel is.
Hiervolgens moes elke landsburger “geklassifiseer” word, spesifiek om die wit ras van die res van die rasse (Indiër, bruin, swart, Asiër) te onderskei (én te skei), bó die ander te verhef, uitsonderlik en almagtig verklaar te word; en die res van die rasse moes daarmee vir lief neem dat hulle lewe vir die volgende 40 jaar om elke hoek en draai ingevolge dié wetgewing (in)gerig sou word: waar hulle mag woon, werk, sit, staan, eet, swem; wie hulle kon soen, intiem mee verkeer, trou en oor die dansbaan tiekiedraai of tango.
Dit was straks net hul asemhaling wat nie deur die regering gereguleer is nie; behalwe, natuurlik, die tye wat hulle uitasem was omdat hulle vérjaag is (watdefoksoekjullehier?) en géjaag is (fokweghierso!)...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.