Boesak: Behoede ons van die ‘uitgestelde, bloedige revolusie’

AFGRONDSLAND

Boesak: Behoede ons van die ‘uitgestelde, bloedige revolusie’

Ongelykheid, rassisme en versoening ‘wat in die modder lê en verstik’, kan nog 'n ‘uitgestelde, bloedige revolusie’ oor Suid-Afrika bring, maan dr. Allan Boesak in deel twee van sy eksklusiewe onderhoud met HEINDRICH WYNGAARD.

IN die eerste aflewering (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-03-11-boesak-deur-die-vuur-het-ek-gekom-deur-die-vloed-het-ek-gekom-maar-ek-is-nog-hier/) van hierdie onderhoud het dr. Allan Boesak (getrou aan Eségiël 33 vers 1) tot die kinders van sy volk gespreek en gesê Suid-Afrika is op die rand van die afgrond “van iets wat ek nie weet hoe diep dit is en hoe ver ons nog moet val nie".

Nou blaas hy die basuin harder. Dit begin by sy antwoord oor wie hy as die beste leier vir Suid-Afrika in die ná-1994-era beskou: Nelson Mandela, Thabo Mbeki of Cyril Ramaphosa? (Oor Jacob Zuma het hy verlede week reeds iets gesê.)

“Madiba was 'n wonderlike man en die dinge wat hy gedoen het, kan niemand van hom of van ons wegneem nie,” antwoord hy. “Maar jy moet ook onthou hy was die kwintessensiële ANC-mens.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.