Studenteprotes: Niemand praat oor terugploeg nie

MAAR HULLE DRA SKOON SNEAKERS

Studenteprotes: Niemand praat oor terugploeg nie

‘Die geld is deur Chris van Wyk met 'n lootjie gehelp insamel. Mammie se bediende-salaris het nie veel gehelp nie, en Dê was al tien jaar onder die grond. En die kinderpay wat Mammie vir my van die staat gekry het, het opgehou toe ek matriek voltooi.’ Na gelang van die afgelope week se studenteprotes bieg HEINDRICH WYNGAARD oor sy studieskuld.

DIE man was vriendelik. Sy glimlag was so warm soos die weer op dié Maandagmiddag.

Hy het my by die tuinhekkie ingewag van die woning in Johannesburg waar ek nou al sedert 2017 'n boonste-verdieping-tuinwoonstel(letjie) huur. Dit was tyd vir my middagslapie – ná die oggend én die vorige aand én die Saterdag se radiowerk, en die volgende môre sou dit weer só wees.

Ek wou net insluimer toe die huishulp by die groot huis onder en die veiligheidswag buite in die straat na my roep. En ek hou nie daarvan as ek wakkergeroep of -gebel word wanneer ek my middagslapie wil vat nie. Dis net so erg soos wanneer muskiete my as alleeninwoner in die nag geselskap kom hou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.