Dié betogings word ’n speelterrein vir ‘professionele’ studente

15 EISE

Dié betogings word ’n speelterrein vir ‘professionele’ studente

Die blote arrogansie en absurditeit van sommige van die betogende studente se 15 eise, is verstommend, skryf JONATHAN JANSEN.

AS universiteite sou toegee en aan die 15 eise van die Suid-Afrikaanse Studente-unie (SAUS) voldoen, sal ons instellings van hoër onderrig oornag ineenstort. Niemand betaal nie. Geen registrasiefooie nie. Geen fooiverhogings nie. Afskaffing van alle skuld. Nagraadse studente gefinansier. Skootrekenaars vir almal. Die volle terugkeer van alle studente onder die vlak 1-inperking. Geen akademiese uitsluitings nie. Dit is die blote arrogansie van hierdie eise wat die belastingbetalende publiek sal verstom.

Geeneen van hierdie studenteleiers sal truuks soos hierdie in hul komende werkplekke in die privaat of openbare sektor uithaal nie, om die eenvoudige rede dat hulle net daar afgedank sou word voordat ’n enkele motorband aan die brand gesteek is. Maar universiteite het die politieke speelterrein geword vir roekelose en eindelose eise, ongeag bekostigbaarheid of enigiets wat na aan redelikheid kom. Die tragiese voorval van polisie wat gedurende die Wits-studentebetogings op Mthokozisi Ntumba geskiet het, het ongetwyfeld die politieke en emosionele ruimte vir hierdie uitspattige eise geopen.

Historiese skuld..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.