Marita skryf ’n baie lang brief aan haar dogter

BELYDENIS VAN ’N BIBLIOFIEL

Marita skryf ’n baie lang brief aan haar dogter

Die boek is 'n leeslys, 'n skattejag, 'n padkaart na boeke, kuns en musiek, skryf DEBORAH STEINMAIR oor Marita van der Vyver se memoires wat pas verskyn het. Dis 'n ode aan boeke en buitestanders, 'n liefdesbrief aan Afrikaans.

MARITA van der Vyver is een van die stemme van my misleide generasie – Griet skryf 'n sprokie het my laat besluit dat ek in Afrikaans wil skryf. Daar is min mense wat so onthutsend weerloos en onmiddellik oor kinderjare kan skryf.

'n Baie lang brief aan my dogter is presies soos die voorblad: ’n Sensitiewe, skaam kind loer agter woorde uit.

Sy wil haar dogter laat weet hoe dit was; haar grootwordjare in 'n skisofreniese land waar kinders meestal moes stilbly. Hoe sy klein-klein op woorde verlief geraak het en lewenslank nooit genoeg van lees kan kry nie. Haar besef dat daar meer waarheid in fiksie skuil as in feite. Hoe sy skrywers se memoires lees om agter te kom hoe hulle op die dun lyn tussen werklikheid en verbeelding balanseer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.