Douw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.
‘MY NAAM IS FRIKKIE, EK KOM VAN RANDBURG’
Hoort ons regtig hier?
Die vraag of ons in Suid-Afrika hoort, moet deur onsself beantwoord word. Dit lê daarin hoe jy ervaar word – hoe onmisbaar jy is, meen DOUW KRÜGER. Dit gaan daaroor om ’n integrale deel van die land en al sy kwessies en veral sy oplossings te wees, ongeag waar dit voorkom.
Deel
OOR die afgelope jare het ek mense op verskillende wyses hoor sê dat “ons” nie hier hoort nie. Ons pas nie in nie. Ons moes nooit hier gewees het nie. Toe ek dit die eerste keer van ’n vriend gehoor het, het ek beleef geglimlag. Maar die gedagte wou my nie los nie.
En toe gesels ek en ’n Indiërkollega tydens middagete bietjie politiek en hy sê dieselfde ding, maar met verwysing na mense wat uit Indië en Suidoos-Asië hierheen gebring is. Mense wat onder kolonialisme en apartheid gely het en ook daarteen gestry het. Nou voel hulle opsygeskuif. En hulle voel sterk dat dit eintlik gaan oor wié hulle is.
Wit mense beleef die nuwe bedeling moontlik meer intens. Of dalk artikuleer hulle dit net meer intens. Die Europese herkoms en velkleur met sy apartheidsimplikasies word as ’n meer direkte teiken ervaar. En ons wittes het natuurlik graag die kultuurverskille met die ander inwoners oor geslagte lank voortdurend beklemtoon. Met passie en meerderwaardigheid...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hoe lyk ’n staat wat gefaal het?
Die versus in die man-vs.-vrou-gesprek
Dis ’n kwessie van perspektief
Dinge is slegter as wat dit lyk
Moet ek my NP-lojalis-pa verkwalik?
Deel
-
Deel
Douw Krüger
RubriekskrywerDouw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.