Douw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.
MEA CULPA
Die versus in die man-vs.-vrou-gesprek
Hy het regtig ’n probleem met mans wat verwag dat vroue hulle soos vermaaklike poppies moet gedra, of dat dit ’n vrou se lot is om die man se assistent te wees, skryf DOUW KRÜGER. Maar ... vroue moet mooi let op die toon waarmee hulle mans op hulle plek sit. Al twee geslagte is skuldig.
Deel
VRYE Weekblad se mederedakteur Anneliese Burgess het ’n week of wat gelede ’n stewige stuk geskryf oor die helende woede van die middeljarige vrou – die middeljare wat ’n nuwe selfvertroue bring wat die wag voor die mond wegruk.
Toe ek laas getel het, was daar 36 reaksies op die artikel. Dit moet naby aan ’n rekord wees. Maar dis niks om oor verbaas te wees nie. Hierdie gesprek kom van ver. Dit is wel nogal moeilik om daaraan deel te neem sonder om ’n klap te kry. Mans kry klappe as hulle begin verdedig en dan dikwels in die proses weer iets onvanpas kwyt raak. En vroue moet mooi let op die toon waarmee hulle mans op hulle plek sit as hulle nie die b-woord wil hoor nie.
’n Mens sê soms heel onskuldig dinge wat deur fyngestelde sensors opgevang word en verkeerd vertolk word. Al twee geslagte is skuldig...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hoe lyk ’n staat wat gefaal het?
Deel
-
Deel
Douw Krüger
RubriekskrywerDouw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.