(Hoe) moet ek my pa verkwalik?

APARTHEID

(Hoe) moet ek my pa verkwalik?

Hoe moet apartheidsondersteuners vandag beoordeel word en hoeveel drif is geregverdig? vra DOUW KRÜGER. Hy vertel van teenstrydighede in die gedrag en uitsprake van sy eie pa, wat tot met sy dood 33 jaar gelede 'n NP-lojalis was, en wonder of almal oor dieselfde kam geskeer behoort te word.

DIE afgelope week gesels ek met ’n oudkollega. Hy was in die vroeë 90’s ’n aktiewe lid van die UDF en het my deurlopend by hulle aktiwiteite betrek. Ek was nie ’n struggle-aktivis nie, maar het goed met die onderliggende saak geïdentifiseer. Ná ons gesprek hierdie week het ’n hele paar herinneringe uit daardie periode weer in my kop opgeduik.

Ons het destyds byna weekliks huisvergaderings gehou met baie van die bekende geeste uit die struggle as gaste. Mense soos Willie Hofmeyr, Carl Niehaus, die twee Verwoerds, Kader Asmal, Peter Mokaba, progressiewe akademici en ander. Die lys is lank. Ons het ook “gemarch” en ’n petisie teen die apartheidmoordbendes by die parlement gaan oorhandig. En op ’n keer het ons vir FW by ’n NP-vergadering gaan koggel en hom oor die moordbendes in ’n hoek probeer druk – sonder veel sukses.

Die tema van ons gesprek hierdie week was egter iets anders, naamlik politieke korrektheid onder sommige mense vandag. Mense wat nou baie ongenuanseerd vinger wys asof almal ewe ingelig en ewe boos was. Die groot vraag wat nou opduik, is hoe moet apartheidsondersteuners vandag beoordeel word en hoeveel drif is geregverdig? Dit is ’n gevaarlike onderwerp en kan maklik gesien word as ’n inleiding tot verontskuldiging of veroordeling...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.