Van Pramberg na Tietiesbaai – ’n ontboeseming oor borste

DIE T-WOORD

Van Pramberg na Tietiesbaai – ’n ontboeseming oor borste

Ná ’n allemintige bohaai oor die gebruik van die woord ‘tieties’ in ’n koerantopskrif het MADELEINE BARNARD gaan uitvind waar hierdie oulike dog potensieel giftige woordjie vandaan kom en ’n blitstoer deur die tietie se kulturele geskiedenis onderneem.

TIETIES. So ’n skadelose klein woordjie. Maar dié skadelose klein woordjie het die afgelope week soveel skade aangerig en so ’n herrie laat losbars op die sosiale media nadat dit in ’n artikel in Rapport gebruik is, dat ek met nuwe ontsag daarna kyk.

Wanneer ek met die rugbyskrywer Louis de Villiers, die gebruiker van die woord, gesels, is sy bekende rasperstem ’n snars meer skor as gewoonlik. Want hy sit midde-in ’n moerse mediastorm weens sy gebruik van die T-woord in ’n storie.

In ’n artikel oor hoe vervelig plaaslike rugby vir hom geword het, het hy dit vergelyk met ’n televisiereeks. Met sy tong in die kies skryf hy toe dat rugby tans so teleurstellend is soos Game of Thrones se laaste twee seisoene, net “sonder drake, tieties of towery”. Die gewraakte woord vind haar pad toe in ’n kop in, en voor jy jou kom kry, het die cancel culture-taakspan hul tieties in ’n knoop...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.