O genade, ek is verslaaf aan Facebook!

ASOSIAAL

O genade, ek is verslaaf aan Facebook!

Die aanlyn kuier op sosiale media was ’n vertroosting toe ons almal op isolasie-stasie gesit het, maar noudat dinge na normaal terugkeer, is dit dalk tyd om jou Facebook-gewoonte in oënskou te neem. Hoeveel is byvoorbeeld te veel? MADELEINE BARNARD het iets op die hart.

MY naam is Madeleine en ek is ’n Facebook-slaaf. Dis pynlik om te erken, soos vir enige verslaafde, maar nou ja, hier gaan ek.

Ek deel feitlik elke gedagte met my Facebook-vriende, elke pyn en skeet, elke foto van ’n blommetjie. My grendeltyd-brode, plat en lusteloos, is Facebook toe. En laat ek liewer nie begin spog met my katte nie. Ergste van alles – ek beplan soms ’n Facebook-plasing voor ek nog die ding waaroor ek foto’s en kommentaar wil plaas, gedoen het.

Die vraag is, soos met daardie bekende Boeddhistiese koan oor die boom wat in die woud val: As ek iets doen en ek plaas dit nié op Facebook nie, het dit regtig gebeur?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X