Die engel van die biblioteek in die middel van nêrens

Die engel van die biblioteek in die middel van nêrens

’n Boek-engel hou wag oor die bekroonde biblioteek van ’n klein Karoo-dorp. MADELEINE BARNARD gesels met Reinie Smit, wat ná 29 jaar steeds elke dag met ’n huppel in haar stap en ’n lied in haar stem die deure van die biblioteek oopsluit.

LAAS Vrydag kry ek ’n WhatsApp. “Ek het A Moveable Feast vir jou opgespoor,” skryf Reinie Smit, met ’n paar emoji’s – ’n drukkie en ’n hartjie of drie. Ek wil half na my paspoort gryp. Want vanaf die veiligheid van my bed met sy baie kussings gaan ek die naweek weer op reis. Danksy die mees verbete bibliotekaresse wat ek ken. Wat werk by die biblioteek in die middel van nêrens.

Ek stap die Dinsdag ná die naweek in by Prins Albert se munisipale biblioteek. Alles is blinkskoon, netjies en op sy plek. Ek het skaars my hande gespuit of die koorspistool is op my pols. Ek vul die lys in. Maskers is oral.

Die biblioteek is een van die laaste plekke op die dorp waar niemand nog laat slaplê het met Covid-protokolle nie. Dit laat mens veilig voel in ’n onseker, halfbang tyd. Interessant dat die bib een van die min plekke op die dorp is waar Covid nog nie kop uitgesteek het nie. As dit van Reinie Smit afhang, sal daai bliksem nooit sy voete op die perseel sit nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.