Die vrees om in hegtenis geneem te word

TRALIES

Die vrees om in hegtenis geneem te word

In hierdie spanningsvolle dae is haar nuwe vrees om in hegtenis geneem te word, skryf DEBORAH STEINMAIR. Maar inperking is nie tralies nie, en wanneer 'n mens nie kan reis nie, kan jy steeds vreemde horisonne sonder paspoort verken – deur te lees.

MY vriendin Corné het eenkeer 'n toets geslaag om 'n sub by Beeld te word omdat sy “in hegtenis geneem” pleks van “gearresteer” in 'n vertaling gebruik het.

In hierdie spanningsvolle dae is dít my nuwe vrees: om in hegtenis geneem te word. Daar is vele slaggate, soos spoedbeperkings, bestuur ná 'n paar glase wyn, rondbeweeg buite die aandklokreël, jou masker laat glip. Klein misstappe wat 'n mens maklik 'n naweek agter tralies kan kos.

Sondag lees ek Rapport se hoofberig: 'n Man is tot vier maal lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy dogter. Die kind se laerskoolmaatjie het 'n skets gemaak van 'n kaal man bo-op 'n kaal vrou, met geslagsorgane, en dit het in dié kind se tas beland. Sy is na 'n sielkundige gestuur wat haar oortuig het dat haar pa haar verkrag het. Aanklaers het haar die vrae wat sy sou kry en die antwoorde wat sy in die hof moes gee, uit haar kop laat leer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.