Kreatiewe vangnette help kunstenaars oorleef

HUSTLE

Kreatiewe vangnette help kunstenaars oorleef

Grendeltyd het verhoogmense kreatief moes laat dink om die pot aan die kook te hou. MADELEINE BARNARD gesels met sangers wat onderwysers en eiendomsagente is,’n tromspeler wat boetiekkoffie verkoop, ’n pianis wat groente kweek en konfyt maak, en ’n teatertegnikus wat nou versamelstukke op vlooimarkte verkoop. En by Evita se Perron ruik dit na beskuit.

JARE gelede was ek betrokke by die Kunstekaap-teater – destyds die Nico Malan. Daar het ek die verbysterende vindingrykheid van teater-en vermaakmense leer ken en waardeer. Hulle was voortdurend aan die dink en skep aan die volgende projek, die volgende blink idee om die pot aan die kook te hou.

Ek het besef dat verhoogmense een ding baie goed verstaan – jy moet altyd ’n vangnet hê vir as ’n projek deur die mat val, of as die gordyn sak op die laaste optrede van die speelvak of konsertreeks. Jy moet sorg vir ’n side-hustle.

Die bloedbad wat Covid in die vermaaklikheidsbedryf veroorsaak het, is ongekend. Soos ek voelers uitsteek na plaaslike verhoogmense kom die stories deur. ’n Bekroonde aktrise het nie petrolgeld nie en haar woonstel is in die mark. ’n Ander een moes haar kar verkoop. In ’n stemboodskap vertel ’n danser snikkend dat sy aan die einde van die week uit haar blyplek moet trek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.