Kitare is Prozac met snare

OM GEHOOR TE WORD

Kitare is Prozac met snare

Die herontdekking van haar geliefde ou Höfner-kitaar tydens grendeltyd sit MADELEINE BARNARD op die spoor van drie muso’s met ’n passie vir hul snare en die helende krag van klank.

DIE jaar was 1978 en ek was 13. Dis die jaar toe my broer vir my sy tweedehandse Höfner aangepass het. Hy het vir homself ’n Ibanez gekoop – met perlemoenblommetjies op die klankboks, onthou ek. En hy het die rooi mat in sy kamer ’n bles kol getrap soos hy sit en tydhou het met sy voet.

Vir my leer hy Butterfly. A-majeur, D-majeur, E-majeur. Die eerste wankelende treë vir menige kitaarspeler. Ek sit op die agterstoep op die ingeduikte ou wit houttafel en kyk uit oor die geeldorre wintergras van ons agterplaas. Ek sing: “Butterfly, my butterfly, I’ll come home to you one day …”

Ek sou vir ’n paar jaar nog halfhartig aanfoeter met ’n paar basiese akkoorde voor ek die Höfner toegeknip het in sy mooi leertas en Stellenbosch toe geneem het. Hy het ’n paar gruwelike sêrs en ’n koshuisbrand oorleef. Saamgetrek waarheen ek ook al gegaan het. Later is hy meesal geïgnoreer, behalwe as ek ’n nuwe kêrel probeer beïndruk het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.