Koes, die Kardashians is ver van klaar!

SKOUSPELAGTIGE BATES

Koes, die Kardashians is ver van klaar!

Ná 14 jaar en 20 seisoene is die realiteitsreeks Keeping up with the Kardashians op sy einde. En ons kan maar ons neuse optrek vir die komminrige en kurweryke KKKKKK-klan; ROZANNE ELS skryf dit is Kris, Kourtney, Kim, Khloe, Kendall en Kylie wat al die pad bank toe, laaste − en heel waarskynlik vir ons − lag.

MIN televisietonele lê so vlak aan die oppervlak van my geheue soos dié een uit die eerste seisoen van Keeping Up with the Kardashians: Khloe oortree haar paroolvoorwaardes nadat sy vir dronkbestuur gevang is en die hele gesin ry saam om haar by die tjoekie af te laai. Kris se senuwees is klaar. “Kim, would you stop taking pictures of yourself? Your sister is going to jail!”

Dis 2007. Die jaar van die eerste iPhone, Rihanna se oorwurmtreffer “Umbrella”, Britney Spears se senu-ineenstorting, die einde van The Sopranos, en die uitreiking van die laaste boek in die Harry Potter-reeks.

Dis ook die jaar waarin Keeping Up with the Kardashians (K.U.W.T.K.) vir die eerste keer uitgesaai word – ’n realiteitsreeks oor ’n neffens-beroemde gesin van Calabasas, Kalifornië, wie se banale bedrywighede inkopiesessies, foto's van hulself in die spieël, geselsies in die kombuis, bakke slaai eet, naby-foto's van strandsand op die lyf en 'n leeglêery langs die swembad insluit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.