Die honger na opvoeding: ’n ‘Wonderlike probleem’?

DROEWIGE VOORUITSIGTE

Die honger na opvoeding: ’n ‘Wonderlike probleem’?

Hoewel minister Blade Nzimande reg was toe hy gesê het ons jeug is “honger na opvoeding", het hy nie bygevoeg dat ons probleem is dat ons nie hierdie honger genoegsaam stil nie, of nie die jeug bemagtig en hulle meer geskik vir aanstelling maak nie, skryf CELESTE CAMPHER.

IN Januarie 2012  is 'n vrou genaamd Gloria Sekwena dood in 'n stormloop buite die hekke van die Universiteit van Johannesburg. Gloria het probeer om saam met haar seun, Kgositsile, by die universiteit se hekke in te kom om hom as 'n eerstejaarstudent in te skryf. Sy is doodgetrap soos die skare buite die universiteit deur 'n baie klein hek probeer inkom of oor die heining gespring het.  

'n Paar jaar later het die universiteit Gloria vereer deur die hek waar sy dood is na haar te vernoem. Toe die voorval plaasgevind het, het Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys,  die chaos rondom universiteitstoelating en registrasie beskryf as 'n “wonderlike probleem wat 'n honger na opvoeding aandui".

Ek sou persoonlik nie hierdie probleem as “wonderlik" beskryf nie. 'n Vrou wat doodgetrap word as gevolg van chaos weens die jeug van Suid-Afrika se “honger na opvoeding" behoort nie as 'n “wonderlike probleem" beskou te word nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.