Nostalgie, herinneringe, vergeet en onthou … waar is die waarheid?

MENSE ONTHOU DIE VERLEDE VERSKILLEND

Nostalgie, herinneringe, vergeet en onthou … waar is die waarheid?

Ons sal beter daaraan toe wees as ons aanvaar dat dinge van die verlede verskillend geïnterpreteer kan word, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Ons moet maniere vind waarop dit groter harmonie in die land kan skep.

SAMELEWINGS word deur verskillende faktore bymekaar gehou, maar tipies deur gedeelde geskiedenis. Dit sou naïef wees om te glo dat daar geskiedenisse binne samelewings kan wees wat nie van mekaar verskil nie. Maar in die algemeen sal stories wat ons oor ons eie verlede vertel van groep tot groep verskil.

Eertydse slawe in Amerika sal dalk byvoorbeeld ander stories as voormalige slawe-eienaars vertel. Die Jode van Pole sal ander stories oor die 1930’s en 1940’s as die destydse Nazi’s vertel. Sonder om morele gelykheid ter sprake te bring, kan dieselfde op Suid-Afrika van toepassing wees. ’n Swart Suid-Afrikaner sal waarskynlik ’n ander begrip van die verlede as ’n wit Suid-Afrikaner hê. Die sleutel is om te aanvaar dat hierdie verskille bestaan en maniere te vind waarop dit groter harmonie in die land kan skep.

Op waarnemingsvlak trek gemeenskappe tans weg van mekaar. Weerspannigheid het toegeneem, hetsy dit gaan oor die name van stede, lughawens en strate wat verander word, of kwessies soos ras, etnisiteit of taal. In samelewings waar geen klaarblyklike geweld of onreg op massaskaal in samelewings plaasvind nie, soos in die voorbeelde hier bo, soek die meeste mense na dinge, of selfs konsepte, wat samelewings bymekaar hou. Ek moet nietemin versigtig hieroor dink .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.