Wederwoorde, weggooisinne en uitklopreëls

JÁ, MAGTAG

Wederwoorde, weggooisinne en uitklopreëls

Gesprekke het 'n lewe en logika van hul eie, soos drome, skryf DEBORAH STEINMAIR. In gesprekke is daar pouses, struikelings, herhalings, sinne wat nie koers kry nie en dinge wat ongesê bly, maar soos kookkool in die lug hang.

There's never much to say between
The moments of our games and repartee
There's never much to read between
The lines of what we need and what we'll take
There's never much to talk about or say aloud
But say it anyway
– Janis Ian

My vriend Gielie sê wanneer hy met homself debatteer en 'n vraag stel, sê hy soms vir homself: “Kan jy asseblief die vraag herhaal?” net om tyd te wen, soos 'n aspirant-skoonheidskoningin voor 'n paneel beoordelaars.

Soms is jou eie geselskap die onderhoudendste, solank jy nie in die openbaar vir jouself vingerwys, teen jou slaap tik, jou hande in die lug gooi, koorsagtig kopskud of dergelike gebare inspan nie. Dan is dit net 'n babatreetjie tot by trollievrou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.