Kom hou saam met ons boekefees in Cullinan

KOM KUIER SAAM!

Kom hou saam met ons boekefees in Cullinan

Van 14 tot 16 April vergader die Vrye Weekblad-span saam met jou gunstelingskrywers (en twee kosfoendi’s) vir die eerste keer in Cullinan. Kom sluit by ons aan vir lekker kos, geselskap en boeke.

  • 13 Maart 2023
  • Boeke
  • 2 min om te lees

Van 14 tot 16 April vier ons Vrye Weekblad se eerste Cullinan-boekefees net buite Pretoria. Alles gebeur by @Church, Oaklaan 134. Die skilderagtige kerkie, wat nie meer in gebruik is nie, is deur Sir Herbert Baker ontwerp en in 1904 vir myners opgerig. Die meeste van die sessies vind in die ruim saal plaas, met een sessie in die kerk. In die saal sit lesers by tafels aan en eetgoed en drank is deurentyd beskikbaar. Leonie van Rensburg van Graffiti slaan ’n boekwinkel vir die geleentheid op. Jy kan die boeke wat bespreek word, op die plek aanskaf en deur die skrywers laat teken. Kos en drank is deurentyd beskikbaar. Daar is volop veilige parkering oorkant die feesterrein.

Gauteng se skrywers, wat redelik afgeskeep word wat feeste betref, was vuur en vlam om betrokke te raak. Die dorp is ’n gewilde naweekbestemming, so bespreek so gou as moontlik jou blyplek sodat jy die hele fees kan meemaak. Lekkeslaap is ’n goeie opsie.

Sien julle daar, dan delf ons diep en dink vir onsself!

Program

Vrydagaand (14 April):

17:30: Daar’s ’n mier in my broek
Redakteursgesprek met onder andere Max du Preez, Piet Croucamp en Anneliese Burgess.

19:00: Ou diamantdorpse swierdinee
Aandete deur Lientjie Wessels by @Church. Bespreek direk by Lientjie: 082 531 6141. Kaartjies kos R400 elk.

Spyskaart:
* Amuse-bouch: Tamatiesop, suurroom, togarashi, parmesaan-kraker & tamatie-bruschetta.
* Voorgereg: Botterskorsie-hummus, hoenderkroket, geroosterde beet, feta-en-kruiekrummels.
* Hoofgereg: Wildsvleis-en-miso-bobotie, geelrys met peerblatjang.
* Nagereg: Persiese liefdeskoek & lemoenkaramel.
* Vegetariese opsie beskikbaar

Saterdag (15 April):

09:00: Futility Farm en die Afrikaner se plaasgeen
Die skrywer Renée Rautenbach Conradie praat met Willemien du Preez oor Plaas se prys.

10:00: Hoe skryf mens ’n topverkoper?
Die boekeredakteur Phyllis Green gesels met Sophia Kapp en Leonie van Rensburg oor Heimwee en uitgee.

11:00: Rainbow Nation my Zulu Arse
Die kunsjoernalis Diane de Beer gesels met Sihle Khumalo oor sy onweerstaanbare oeuvre en sy nuwe boek, Milk the Beloved Country.

12:00: Van papier tot planke: Boeke op die verhoog
Die spreker en skrywer Gielie Hoffmann gesels met Mercy Kannemeyer, regisseur en gereelde VWB-bydraer.

14:00: Vrouespeurders tot die redding
Die radio-aanbieder en skrywer Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaard (Lokval) en Elizabeth Wasserman (Die fantastiese Mevrou Smit) oor hulle krimi’s.

15:00: Borrel, gorrel, smoeg en wroeg
Vroue wat skryf, kan toor: Gerda Taljaard, Bettina Wyngaard, Renée Rautenbach Conradie, Michèle Meyer, Celeste Theron, Emma Bekker en Marida Fitzpatrick gesels met Deborah Steinmair oor hulle werk.

17:00: ANC-biljoenêrs en rogues
Max du Preez gesels met Johann van Loggerenberg en Pieter du Toit.

Sondag (16 April):

09:00: Boekevat
Johan Myburg, Jolyn Phillips, Kirby van der Merwe, Eunice Basson, Martjie Bosman, Emma Bekker, Johann Lodewyk Marais, Pieter Odendaal en Jaco van der Merwe lees hulle poësie voor in die kerk.

12:00: StorieKosKuier
Frik de Jager gooi ’n langtafel by @Church waar elke gang van ’n storie begelei is; bespreek asseblief vroegtydig jou plek by Quicket. Kaartjies kos R400 elk.

Spyskaart:
* Vars olyf-ciabatta met tuisgemaakte Peppadew-en-olyf-tapenade en mosterdbotter
* Waatlemoen-tamatie-kruisement-en-basiliekruid-gazpacho
* Tuisgemaakte tagliatelle met romerige salm-dille-en-kappertjiesaadsous
* Spanakopita met hollandaise
* Geurige Marokkaanse hoender met rooi lensies en gepekelde murgpampoen
* Nagereg: “Vrolikheid op die Tong”

Navrae: deborah.steinmair@gmail.com

♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie artikel kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou!

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.