Hoog en suiwer tussen die pale deur

DRIE

Hoog en suiwer tussen die pale deur

LINZA DE JAGER, geen rugbykyker nie, het gelees oor die plesier van ’n knusse stewel wat die leer van die bal ’n vlugtige klapsoen gee. Sy is laaggevat deur Hans Pienaar se roman wat om die spel wentel.

DRIE voer 'n mens pens en pootjies terug na die 1960’s en ’70’s in Suid-Afrika. Dis ’n tyd van sonde en straf. Die leser beleef die gebeure deur die oë van Jaco Blignaut, ’n jong rugbyster wat nes sy ma en pa spartel om te oorleef.

Die Blignauts is so wanfunksioneel soos die stywekorset-samelewing waarby hulle so hard probeer om in te pas. Jaco se ma is Engels, maar kry dit reg om deur te gaan as Afrikaans. Sy is ladylike aan die een kant en ’n winkeldief aan die ander kant, ene wat elke jaar of wat gevang word, wat maak dat die gesin soos sigeuners moet bly trek. Sy pa vry na die regses, maar verloor sy werk omdat hy te menslik is met die swart kliënte van die prokureursfirma waar hy werk. Twee episodes vorm veral Jaco se persoonlikheid.

Die eerste episode vind plaas wanneer hy Jan Ellis op Ellispark teen die Franse sien speel. Pienaar beskryf die rugbyreus sodat mens hom voor jou kan sien. “Ek kon sy sproete uitmaak, terwyl hy een keer reg onder ons sitplekke aan die kant van ’n skrum sak. Dit het in die skuins sonstrale helder vertoon en sy rooi hare het gegloei. Hy het die bal soos ’n papaja in sy groot regterhand gehou asof hy bang was hy druk dit pap as hy albei hande gebruik.” Dis daardie dag se goeie herinnering. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.