Die (nuwe) rooi gevaar, ’n koninklike baba en begrafnis-kompos

BULLETIN

Die (nuwe) rooi gevaar, ’n koninklike baba en begrafnis-kompos

Nuusbulletin: 1 Mei 2019


Goeiedag
Dis Woensdag en die naweek is in sig. Moenie te veel planne maak nie, want ons het 'n vet uitgawe Vrydag waaraan 'n mens dae lank sal kan – en wil – lees.
Gepraat van lees: Hier is ons Werkersdag-leeslys. (Onthou om ons ook op Twitter en Facebook te volg!) 
Prokureur van Pretoria gryp glo Lotto-geld
Die Nasionale Loterykommissie het twee kontrakte van R20 miljoen toegeken aan nie-winsgerigte maatskappye wat bande het met 'n omstrede prokureur van Pretoria, Lesley Ramulifho. Dít is ondanks die feit dat 'n ander projek waarby hy betrokke is, om 'n dwelmrehabilitasiesentrum te begin, reeds ondersoek word.
Carte Blanche het onthul dat die broer van Philemon Letwaba, uitvoerende hoof van die Nasionale Loterykommissie, die enigste direkteur was van die konstruksiemaatskappy wat R15 miljoen gekry het vir bouwerk aan die rehabilitasiesentrum.   
>> LEES MEER
Die (Nuwe) Rooi Gevaar
 Sedert 2008 het China miljoene kameras geïnstalleer om sy mense dop te hou. Ook die internet, sakebedrywighede en reisrekords word gemonitor.
Dié moniteringstelsels word reeds deur 18 ander lande gebruik. Dit sluit in Zimbabwe, Uzbekistan, Pakistan, Kenia en Duitsland. Replikas van die Chinese network is ook verkoop aan Venezuela, Bolivië en Angola.
In 2011 het Ecuador met Chinese finansiering 'n soortgelyke stelstel begin gebruik. Die regering sê dat die beeldmateriaal na die polisie gestuur word, maar 'n ondersoek deur die New York Times het gevind dat dit ook na die land se gevreesde binnelandse intelligensie-agentskap gestuur word. In ruil vir China se kredietgeriewe van meer as $19 biljoen het Ecuador 'n groot hap van sy oliereserwes oorgeteken.
Ecuador se stelsel – ECU-911 – is grotendeels vervaardig deur twee Chinese maarskappye: die staatsbeheerde C.E.I.E.C. en Huawei.  Huawei het in 'n verklaring gesê: “Ons voorsien tegnologie om slim en veilige stede te ondersteun. Huawei raak nie betrokke by beleid oor hoe daardie tegnologie gebruik word nie.”
>> LEES MEER
Suid-Afrikaanse welsynsorganisasie baat by Baba Sussex
Nadat prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, op Instagram ondersteuners gevra het vir skenkings aan die Lunchbox Fund eerder as om geskenke te stuur vir die geboorte van hul eersteling, het die Suid-Afrikaanse organisasie binne tien dae R420,000 gekry.
Daarmee sal hulle 120,000 maaltye kan gee aan die 27,000 kinders wat hulle elke dag voed.
The Lunchbox Fund was saam met die ander organisasies, die kos-en-klerebank Little Village HQ in Italië, WellChild in Brittanje en die kindersorg-agentskap Baby2Baby in the VSA, op die egpaar se lys. 
>> LEES MEER
Stof tot stof – is die lewendes gereed daarvoor?
Die Amerikaanse deelstaat Washington het wetgewing goedgekeur wat die “natuurlike organiese vermindering” van menslike oorskot toelaat. Die begrafnisbedryf maak al lank voorbrand vir meer volhoubare nadoodse opsies soos groen begrafnisse wat nie kiste en toksiese chemikalieë  gebruik nie.
Recompose, 'n Washingtonse maatskappy, het 'n “herkomposisie”-metode ontwikkel om menslike oorskot binne 'n maand in kompos te verander.
'n Vrou van iets in die 90 het haar senator gevra om vinnig ja te stem vir die wetgewing.
Volgens Recompose sal die “grond” wat in die komposproses gevorm word, aangebied word vir vriende en familie om 'n boom te plant of tuin te maak. Hulle kan ook die grond skenk aan organisasies wat ontboste woude herstel.
>> LEES MEER
Waar is Suid-Afrika op die ranglys van persvryheid?
Die nuutste Wêreldpersvryheidsindeks bestempel Suid-Afrika as “bevredigend”; die tweede beste kategorie na “goed”.
In hierdie kategorie is Suid-Afrika op gelyke voet met Australië, Kanada, Spanje, Frankryk, Italië en Brittanje, Oostenryk en Uruguay. In Afrika is ons in dieselfde kategorie as Namibië, Burkina Faso en Ghana.
In Suid-Afrika se geval sou die navorsers uitsprake van die staatspresident in ag geneem het, sowel as dié van Julius Malema, die leier van die tweede grootste opposisieparty. Laasgenoemde val soms joernaliste openlik aan en dreig hulle op sosiale media.
>> LEES MEER
Rabada en Tahir bo! 
Kagiso Rabada is boaan die IPL se bouler-ranglys met 25 paaltjies en Imran Tahir is derde met 17.
Kagisa Rabada was die derde hoogs betaalde Suid-Afrikaanse speler by die IPL in 2018.
>> LEES MEER
Lekker lees en groete
Anneliese Burgess en die res van die Vrye Weekblad-span

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.