Verkiesing, videospeletjies en wyn

BULLETIN

Verkiesing, videospeletjies en wyn

Nuusbulletin: 2 Mei 2019


Goeiedag
Die land maak reg vir volgende week se algemene verkiesing. In môre se uitgawe skryf ons verkiesing, verkiesing, verkiesing – en ja, ons is ook maar skepties oor die meningspeilings.
En as jy gatvol en woedend is vir die politiek, het ons heelwat om jou oor te laat dink, kwaad te maak, miskien 'n traan te laat wegpink of te laat lag. En natuurlik kom Jacques Pauw weer met 'n sappige storie of twee.
Lees artikels van die land se beste skrywers en ontleders: Madeleine Barnard, Annelize Visser, Jonathan Jansen, Ismail Lagardien, Leslie van Rooi, Louis de Villiers, Sonja Carstens, Anthoni van Nieuwkerk, Danie Marais en Michèle Meyer.
Brolloks en Bittergal kom met 'n klomp nuwe skinderstories uit die politiek. Ons lag oor poeplorries op die platteland en is verstom oor videospeletjies wat nou 'n Olimpiese sport word. Ons verlustig ons aan Afrikaanse flieks en musiek. Ons maak 'n draai in die teater. 
Ons skryf oor wyn en pyn. Oor die hartswonde van die verlede, en hoop vir die toekoms. 'n Lekker stewige uitgawe, môre-oggend voor die eerste haan kraai. 
Tot môre
Groetnis
Anneliese en die res van die Vrye Weekblad-span

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.