Graanvlokkies, kantoorjakkalse en Oprah se matrieks

BULLETIN

Graanvlokkies, kantoorjakkalse en Oprah se matrieks

Nuusbulletin: 15 MEI 2019


Dagsê,
Daar word hard gewerskaf om Cyril Ramaphosa se kabinet saam te stel en net so hard gegis oor wie gaan in wees en watter koppe gaan waai. Lyste word rondgestuur en daar is 'n gewoel op WhatsApp-groepe.
Ons uitgawe Vrydag sal oudergewoonte perspektief en insig gee op dié politieke verwikkelinge, maar ons het ook die nuutste oor transitorooftogte, 'n eksklusiewe ondersoek na die toename in gyselaarsdramas en 'n storie oor die stryd van vroue in die onderhoudshof.
Intussen het ons 'n verskeidenheid stories vir die Woensdag-leeslys gevind wat iets vir elke smaak bied. 
Vervelige ontbytkos
Anekdotes uit die verlede beklemtoon dikwels dat graanvlokkies daarop gemik was om mense se gedagtes van seks af te lei. Dit is egter ook ontwikkel vir ander redes, soos die gesondheidsvoordele van ‘n bietjie graan vir die ingewande soggens. John Harvey Kellogg, wat ‘n dokter en Sewendedagse Adventis was, wou glo graag ‘n stoelgang vir mense bewerkstellig het.
>> LEES MEER:
Tydmorsers by die werk
Almal wat in ‘n oopplan-kantoor werk, weet dit is ‘n gruwel wat ontwerp is om werkers te martel. Wat is dit wat ons aandag die meeste aflei? Telefone? Kollegas se eetgewoontes? Die geveg om die termostaat te beheer?
>> LEES MEER:
Ghana en Madagaskar se debuut by die Venesiese Biënnale
Die Venesiese Biënnale, wat as die belangrikste kunsgebeurtenis ter wêreld beskou word, verwelkom vanjaar twee nuwelinge uit Afrika, Ghana en Madagaskar.
Suid-Afrika en Egipte is die enigste Afrikalande wat permanente verteenwoordiging by tweejarige saamtrek van veral beeldende kunstenaars (en soms digters) het.
Ook die Ivoorkus, Mosambiek, Seychelle en Zimbabwe het vanjaar pawiljoene en kunstenaars by die Biënnale, wat op 11 Mei geopen het. Dit duur tot 24 November.
>> LEES HIER:
Kyk ook hier na van die wonderlike en eienaardige werke wat ‘n mens vanjaar daar kan sien.
Sirië se marteltronke  
Ná agt jaar is die oorlog in Sirië aan die afneem, maar daar is ‘n skerp toename in arrestasies en teregstellings neem toe. Bykans 128 000 mense het verdwyn in die doolhof van geheime tronke wat deur die Siriese regering beheer word. Honderde duisende mense is vermoedelik in die tronke gestop sedert die Siriese opstand in 2011 begin het.  
>> LEES HIER:
Sukses van Oprah se matrieks
In 2018 het die matrikulante van die Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls die sewende agtereenvolgende jaar ‘n slaagsyfer van 100 % gehad. Boonop het elkeen van die 58 studente universiteitstoelating gekry.
>> LEES HIER:
Groen woestyne
Kan dit moontlik wees? 'n Maatskappy stel 'n eenvoudige oplossing voor om woestynsand in bewerkbare landbougrond te omskep.
>> KYK HIER:
Groete tot môre,
Die Vrye Weekbladspan

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.