‘Wrede’ selfies, aborsie in Alabama, en die nuwe ‘posduiwe’

BULLETIN

‘Wrede’ selfies, aborsie in Alabama, en die nuwe ‘posduiwe’

Nuusbulletin: 23 MEI 2019


Dagsê
Ons neem aan julle is steeds besig om Vrye Weekblad te lees, maar hier is ons Woensdag-leeslys vir bykomende breinkos.
Selfies met wilde diere
Die lewe van wilde diere in aanhouding word hel gemaak deur  selfie-behepte toeriste. “Fotograwe" se Instagram-selfies saam met dolfyne, tiere en olifante is van onskatbare waarde vir toeriste-attraksies wat dié soort ondervinding bemark.   
>> LEES MEER:
Wanneer ’n land aborsie verbied
Alabama het Amerika se strengste aborsiewetgewing tot nog toe goedgekeur. Nou vrees Amerikaanse kampvegters vir aborsieregte dat Alabama dieselfde pad as Roemenië kan loop, waar 'n algehele verbod op aborsies skrikwekkende gevolge gehad het.
Dit het veral 'n impak gehad op vroue uit laer inkomstegroepe:  Teen 1989 het 10,000 vroue na raming  reeds in Roemenië gesterf ná agterstraat-aborsies, en honderde duisende kinders het in haglike omstandighede in oorvol weeshuise beland.
>> LEES MEER:
Gevangenes wat na die sterwendes omsien
In 'n Kaliforniese tronk versorg  gevangenes diegene wat  terminaal siek is. Dié hospies-eenheid is in 1993 gebou om jong mense met vigs  te versorg, maar vandag huisves die eenheid grysaards met enigiets van  kanker tot alzheimers in hul laaste dae.
Gevangenes bo die ouderdom van 55 is die groep wat die vinnigste agter tralies toeneem. Die meeste van die 24 pastorale-sorgdienswerkers is moordenaars wat lewenslange vonnisse uitdien. Hulle sê hulle waardeer die geleentheid om hul  medegevangenes in waardigheid te laat sterf.
>> LEES MEER:
Wêreldbeker-kriekettoernooi se vet pryse
Die Internasionale Krieketraad het bekend gemaak dat die wenspan vanjaar $4 miljoen (oor die R57 miljoen)  gaan verdien. Die naaswenners kry $2 miljoen (oor die R28 miljoen). 
Suid-Afrika speel op 30 Mei die openingswedstryd teen die gashere, Engeland.
>> LEES MEER:
Die stryd tussen kameelperde en doringbome 
'n Kameelperd wat rustig aan die blare van 'n doringboom kou, is sinoniem met Afrika. Dié dier kan tot 29 kg doringblare en takkies per dag verorber. Maar die doringboom het oor die jare 'n paar verdedigingsmeganismes ontwikkel. Benewens die dorings, stel die bome ook tannien vry wat aaklig proe. Doringbome wat tot  50 m weg is, reageer deur hul eie tannien vry te laat. Die kameelperd moet dan wind-op beweeg na bome wat nog nie “gewaarsku" is nie.
>> LEES MEER:
Vergeet die posduif
Die Amerikaanse posdiens kyk hoe pos met selfaangedrewe trokkies afgelewer kan word. 
>> LEES MEER:
Groete tot môre
Anneliese Burgess en die Vrye Weekblad-span

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.