’n Broodnodige storie oor hoop en rosynebrood

BULLETIN

’n Broodnodige storie oor hoop en rosynebrood

Nuusbulletin: 17 November 2019

  • 17 November 2019
  • Daagliks
  • 3 min om te lees

ONS het verlede Sondag vir julle ’n mooi broodstorie belowe, en mooi is dit inderdaad. In ons nuwe uitgawe vertel die kunstenaar Henk Serfontein van ’n besonderse bakkery in Vermaaklikheid, van die baasbakker Chesslin Michaels van Skoolkop wat soggens vieruur die houtstoof aansteek, en van ’n astrante diefstal toe hy en Chesslin, kompleet in ’n blou balaklawa, hulle hande op Anna Michaels se familieresepteboek gekry het sodat Henk haar resep vir rosynebrood kan deel.

Dit alles terwyl die Boksege ’n hemelvaart van hoop in Skoolkop se stofstrate teweegbring. Lees die hele storie in Volmaanbrode vir Vermaaklikheid (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-11-13-volmaanbrode-vir-vermaaklikheid-en-die-diefstal-van-n-rosynebroodresep/), en as dit jou lus maak vir nog van Henk se kosstories, lees in ons uitgawe van 10 Mei oor sy ouma Anna Ziezanna Dirktiena se Sunnyside-melktert (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-05-10-my-ouma-in-kaneel/), en in die 17 Mei-uitgawe oor ’n Plain Jane-sjokoladekoek (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-05-17-n-plain-jane-sjokoladekoek-vir-n-nuwe-generasie/) met ’n vulsel van Caramel Treat en appelkooskonfyt en ’n digte karamelkroon.

Hou jou drome byderhand..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.