Sweterige mans wat vat, versmade oproepe wat jou inhaal, en...

BULLETIN

Sweterige mans wat vat, versmade oproepe wat jou inhaal, en tegnologielesse

Nuusbulletin: 19 November 2019

  • 19 November 2019
  • Daagliks
  • 3 min om te lees

Goeie Dinsdag vanuit Londen

Soms doen iemand in die openbare oog iets so verstommend onnosel, so arrogant, so domastrant selfs, dat dit jou asem wegslaan. En hoewel daar absoluut niks snaaks of amusant is aan die vele seksklagte teen sy  Amerikaanse miljoenêrsvriend Jeffrey Epstein nie – daar is vermoedelik minstens 12 vroue wat van sy boedel eis ná sy dood in 'n tronksel – kan 'n mens nie anders as om te skaamte-lag vir en oor prins Andrew nie. 

Skaars het koningin Elizabeth se gunsteling-middelkind aan die BBC se Emily Maitlis verklaar bewerings teen hom deur Virginia Roberts, een van Epstein se beweerde slagoffers, kan nie waar wees nie (hy sweet nie ná die oordosis adrenalien wat hy in die Falklands-oorlog ervaar het nie, het nie eintlik partytjie gehou nie en wys nie toegeneentheid in die openbaar nie) of die Daily Mail (https://www.dailymail.co.uk/news/article-7695233/Videos-Prince-Andrew-partying-nightclubs-beautiful-young-women-French-Riviera.html) het 'n reeks foto's geplaas van 'n swetende, fuifende prins in intieme, vatterige situasies. Ek is geen aanhanger van die Daily Mail nie, maar wat het die prins besiel? Hy moes tog geweet het van die foto's? (En dan praat ons nie eens van die feit dat hy steeds nie sy vriendskap met 'n pedofiel kon verduidelik nie.) ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.