Ontspan, die einde van die wêreld is vanjaar eers op 2 November

BULLETIN

Ontspan, die einde van die wêreld is vanjaar eers op 2 November

NUUSBULLETIN: 27 AUGUSTUS 2020

IN die disaster movie Deep Impact van 1998 is daar ’n pragtige oomblik – of minstens is dit vir enigiemand wat al te veel tyd in ’n nuuskantoor deurgebring het: die redaksielede van een of ander Amerikaanse televisiekanaal luister almal saam na 'n aankondiging op 'n groot skerm oor 'n komeet wat op koers is om die aarde te tref en alle lewe uit te wis. Nadat die groot nuus deur die Amerikaanse president aangekondig is, is daar net 'n halwe oomblik se geskokte stilte in die kantoor voordat die regisseur met 'n ferm stem sê: “Graphics. Get me graphics."

Nou ja, 2020 het tot dusver g'n tekort aan get-me-graphics-oomblikke nie. Trouens, net die afgelope week was daar al 'n paar van hulle. Not least of which is die nuus dat 'n asteroïed die aarde die dag voor die Amerikaanse verkiesing naelskraaps gaan mis.

Wat net weer wys: Ignorance is mostly bliss. Vir die honderde duisende jare wat homo sapiens al op die planeet uithang, swoesj hierdie outjies soos klokslag elke nou en dan by die aarde verby, en dis maar eers die afgelope klompie dekades wat ons voor die tyd akkuraat kan voorspel wanneer die volgende een ons dalk kan tref, en hoe erg dit gaan wees. So waarom ons nou skielik daaroor bekommer?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.