Lenteloop vir een en kom ons wees ongehoorsaam

BULLETIN

Lenteloop vir een en kom ons wees ongehoorsaam

NUUSBULLETIN: 2 SEPTEMBER 2020

Goeiemôre!

In ’n stokou uitgawe van The Guardian lees ek onlangs oor ’n Professor van Stap. Frédéric Gros is eintlik ’n filosofieprofessor wat tot ’n nuwe generasie van Franse filosowe behoort wat gemoeid is met die “alledaagse”. Hy is die skrywer van ’n gewilde boek oor stap wat handel oor die groot aantal denkers wat almal, en blykbaar nie bloot toevallig nie, ywerige stappers was.

Die filosowe Nietzsche, Kant en Rousseau, byvoorbeeld; die digters Arthur Rimbaud en Gérard de Nerval, waarvan laasgenoemde glo met sy troetelkreef aan ’n lang blou lint in die Palais Royal-tuin gaan wandel het, en die skrywer en natuurfilosoof Thoreau, wie se kort bene en groot voete glo die vereistes was vir ’n sterk, lewenskragtige stapstyl...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X