Saterdag se stories | Ses binne 60 minute

BULLETIN

Saterdag se stories | Ses binne 60 minute

NUUSBULLETIN: 21 NOVEMBER 2020

Goeiemôre

Die jaar raak nou darem baie lank. Ek is so dankbaar vir die lafenis van die naweek. Hier is my keuse van die moet-lees-stories uit hierdie week se uitgawe wat jy binne 'n uur kan kafdraf. 

Max du Preez skryf dat Jacob Zuma, die argitek van Suid-Afrika se Nege Verlore Jare, Donderdag soos ’n afgeleefde, verstote ou leeumannetjie (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2020-11-19-zuma-en-zondo-n-verstote-ou-leeumannetjie-se-wankelrige-middelvinger/) voor regter Ray Zondo gesit en vir oulaas ’n wankelrige middelvinger vir die oppergesag van die reg gewys het.Annelize Visser gaan kuier by Karen Zoid in Philadelphia (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2020-11-19-karen-zoid-ere-professor-van-afrikaanse-rock/). Piet Croucamp vra wat dit is in Trump, die zefgat (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2020-11-20-wit-messias-in-n-westerse-wreld-vol-politiek-korrekte-leiers/) politieke kragaap, waartoe sommige wit Suid-Afrikaners so aangetrokke voel.Elsabé Brits beantwood 11 vrae oor Covid-19 (https://www.vryeweekblad.com/gesondheid-en-omgewing/2020-11-20-covid-11-vrae-en-11-antwoorde/). Vrae soos: Kan ons nog die regering se statistieke glo?Rob Rose sê Suid-Afrika se armste mense weet al jare lank hoe munisipale dienslewering ineenstort, maar nou tref dit ook die middel- en hoër inkomsteklasse, en dis ’n onheilspellende prentjie (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2020-11-19-betalingsprotes-teen-onbeholpe-munisipaliteite-is-reeds-hier/).Willem Kempen skryf dat minder as ’n jaar nadat premier Abiy Ahmed van Ethiopië die Nobel-vredesprys gekry het vir sy rol om die dekades oue geskil met Eritrea te besleg, het sy regering nou losgetrek met 'n volskaalse militêre offensief teen sy eie bevolking (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2020-11-19-ethiopi-sink-terug-in-die-doodsdal-van-oorlog-en-bloedvergieting/) in Tigray in die noorde van die land. Heindrich Wyngaard wonder wat die waarde is van 'n DA-leierspos (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2020-11-20-die-prys-van-n-da-leierspos/), in reaksie op die beweerde moordkomplot tussen twee kandidate in die party se Wes-Kaapse leierstryd...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.