Onse Oti die Britte se Strictly-gunsteling

BULLETIN

Onse Oti die Britte se Strictly-gunsteling

NUUSBULLETIN: 10 DESEMBER

Goeiemôre!

Die grootste lekkerte van my week is 'n verblindende en skaamtelose vertoon van blinkers en glans wat 'n wollerige warmte op die maag maak, dik nostalgie met hoop meng en in hierdie dae sommer ook 'n onverhoedse traan laat spat. Dis sekerlik net oor vanjaar se BBC se spookasem-reeks Strictly Come Dancing wat ek ooit só soetsappig sal skryf, so vergun my asseblief hierdie sentimentele mymering.

Die 18de seisoen van dié gewilde reeks is net wat nodig is aan die einde van die annus horribilis (ek is amper lus om te sê anus horribilis) wat 2020 is – en  die onbetwiste sterre is die slim, snaakse en talentvolle professionele danser Oti Mabuse met haar uitbundige Suid-Afrikaanse lag en haar dansmaat, die wonderlike Britse komediant, musikant en akteur Bill Bailey...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.